Stavanger

Stavanger


Europese Kultuurhoofstad 2008
Europeisk kulturhovedstad 2008
Europeisk kulturhovudstad 2008


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Noorweë Noorweë
 Provinsie (Fylke) Rogaland
 Koördinate 58°58′N 05°44′O / 58.967°N 5.733°O / 58.967; 5.733
 Stigting 1125
 Oppervlakte:  
 - Totaal 71,35 vk km
 Hoogte bo seevlak 0–513,89 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2022) 146 011[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 046/vk km
 - Metropolitaanse gebied 350 000
 - Taalvorm Onsydig
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 2,6 / 15,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1 256,1 mm
 Burgemeester Sissel Knutsen Hegdal (H)
 Amptelike webwerf stavanger.kommune.no

Stavanger (Noors: [stɑˈvɑ̀ŋːər], ) is die vierde grootste stad in NoorweëOslo, Bergen en Trondheim met 'n oppervlakte van 71,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 146 011 (soos op 31 Desember 2022). Die metropolitaanse gebied van Stavanger-Sandnes is die derde grootste in die land met 'n bevolking van 350 000.

Stavanger lê op 'n skiereiland in die noorde van die tradisionele Jæren-distrik in die Wes-Noorse provinsie (fylke) Rogaland en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune).

Stavanger het al vroeg 'n belangrike rol in die Noorse geskiedenis gespeel. Naby die Hafrsfjord het koning Harald I Hårfagre in 872 'n oorwinning oor sy mededingers behaal en die Koninkryk Noorweë sodoende verenig.

Die stad het sy ekonomiese welvaart oorspronklik aan olyfolie te danke gehad – dit was sedert die vroeë 20ste eeu 'n belangrike bestanddeel vir ingeblikte sprotte en het van Stavanger sowat 'n eeu lank 'n beduidende sentrum van die visverwerkingsbedryf gemaak.

Nadat die Amerikaanse oliemaatskappy Phillips in 1969 Ekofisk, die destyds grootste olieveld van Europa sowat 300 kilometer voor die Suidwes-Noorse kus met tans omstreeks dertig olieplatforms ontdek het, is Stavanger se ekonomie deur die oliebedryf oorheers, en die stad staan intussen as die "Oliehoofstad van Noorweë" bekend. Die grootste maatskappy in Noord-Europa, Statoil, het hier sy hoofkwartier. Stavanger dien as die ekonomiese basis en vervoersentrum vir olieplatforms en tenkskepe, maar ook as die vermaaklikheidsentrum vir die werkers van die oliebedryf.

Stavanger is saam met Liverpool (Verenigde Koninkryk) aangewys as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2008.

  1. (no) "De 10 største byene, tettstedene og kommunene i Norge". Statistiek Noorweë. 5 Januarie 2023. Besoek op 10 Mei 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search